Kursusse nuusbrief inhoud

  • Welkom
  • Hoe kies ek ‘n kursus?
  • Wat as ek nie weet wat om te studeer nie?
  • Hoe kies ek ‘n kollege om by te studeer?

Kursusse – Welkom!

Beste Student
Ons weet dat dit soms regtig moeilik kan wees om te besluit watter kursus om te studeer.  Dit is hoekom ons besluit het om hierdie vinnige inligtingsreeks aanmekaar te slaan.  Dit is om vir jou – die voornemende student – te help.  Ons wil hê dat jy die beste kursus moontlik vir jou moet kies.  Ons wil ook hê dat jy die regte kollege moet kies om die kursus by te studeer.

Jy gaan briewe oor die volgende onderwerpe van ons ontvang:
•    Hoe kies ek ʼn kursus?
•    Wat as ek nie weet wat om te studeer nie?
•    Hoe kies ek ʼn kollege om by te studeer?

Elkeen van hierdie onderwerpe word afsonderlik in ʼn kort brief behandel.  Ons hoop dat jy baat sal vind daarby.

Wat nou?

Wil jy nog inligting hê?  Jy kan ons per telefoon kontak: 0801 51 51 51.


Hoe kies ek ʼn kursus?

Beste Student
Die belangrikste keuse wat jy moet maak wanneer jy wil studeer is nie waar om te studeer nie.  Dis is wat om te studeer.  Dit is die keuse wat die res van jou lewe kan verander.  Hoe kan jy seker maak dat jy die regte kursus gekies het?  Dit voel soms asof ʼn mens ʼn kursus kies net om iets te studeer.  Gelukkig is ek hier om jou gerus te stel.  Selfs al het jy nog nie ʼn kursus gekies nie, kan ons jou help.

Om jou te help om seker te maak dat jy die regte kursus kies, gaan ek die volgende bespreek:
•    Ken jouself,
•    Kry al die agtergrondsinligting oor ʼn kursus,
•    Kies die regte kursus.

Ken jouself

Dit klink na ʼn belaglike stelling.  Jy ken mos jouself.  Jy is tog nie onbewus van jou gedagtes, keuses, voorkeure en afkeure nie.  Maar om ʼn kursus te kies moet jy meer weet as dit.  Daar is sekere goed waaraan jy nie aktief dink nie, maar dit kan ʼn verskil maak aan die kursus wat jy kies.

Vra jouself die volgende vrae af:

  • Hou ek van wiskunde?
  • Wil ek met my hande werk?
  • Wil ek in ʼn kantoor werk?
  • Wil ek van die huis af werk?
  • Wil ek in die buitelug werk?
  • Wil ek met mense werk?
  • Wil ek met diere werk?
  • Wil ek in ʼn groep werk?
  • Wil ek op my eie werk?
  • Wil ek elke dag iets nuuts doen?
  • Wil ek elke dag ʼn roetine volg?

Hierdie is net ʼn paar vrae wat jy kan vra.  Die antwoorde op elkeen van hierdie vrae gaan vir jou ʼn aanduiding gee van watter kursusse jy kan studeer.

Hou ek van wiskunde?

Dit lyk dalk na ʼn snaakse vraag.  Dit is egter baie belangrik om te besef dat die meeste kursusse deesdae vereis dat jy wiskundig geletterd is.  Self kursusse soos Skoonheidstudies het ʼn mate van wiskunde nodig.  As jy baie van wiskunde hou kan jy amper enigiets op aarde studeer.  Wiskunde maak die wêreld vir jou oop.  As jy egter nie van wiskunde hou nie, is daar nog baie kursusse wat jy kan studeer.  Jy kan selfs besluit om ʼn kursus te studeer wat net ʼn bietjie wiskunde in het.  Of jy kan ʼn kursus kies wat glad nie wiksunde in het nie.

Wil ek met my hande werk?

As jy met jou hande wil werk, kan jy ʼn kursus kies wat prakties georiënteer is soos ʼn sportkursus.  Daar is verskeie kursusse beskikbaar wat beide teoreties en prakties gerig is.

Wil ek in ʼn kantoor werk?

Die meeste soorte werk is kantoorwerk.  Jy kan in amper enige sektor ʼn kantoorwerk kry.  As jy byvoorbeeld in wilbewaring wil werk, maar jy wil nie in die veld werk nie, kan jy steeds ʼn kantoorpos kry.  Kantoorwerk is oneindig volop.

Wil ek van die huis af werk?

Daar is nie so vreeslik baie werk wat ʼn mens van die huis af kan doen nie.  Tog is dit nie onmoontlik nie.  Jy kan ʼn vryskut joernalis wees, ʼn skrywer, ʼn dataversamelaar of ʼn bakker vir ʼn tuisnywerheid.  Hierdie is vir seker nie die enigste goed wat jy van die huis af kan doen nie!  As jy net ʼn bietjie mooi dink kan jy vir seker iets vind wat vir jou werk.  Jy kan selfs jou eie besigheid begin van die huis af!

Wil ek in die buitelug werk?

Buitelug werk is ook volop.  Jy kan ʼn siviele ingenieur wees wat paaie bou of jy kan ʼn wildbewaarder wees.  Jy kan sportkunde studeer of leer hoe om ʼn sportafrigter te wees.  Enigiets is moontlik.

Wil ek met mense werk?

As jy ʼn skaam persoon is, sal dit waarskynlik moeilik wees om met mense te werk.  As jy egter hou van gesels en om verskillende mense te ontmoet, kan jy iets doen soos ʼn skoonheidskunskursus of ʼn fisioterapiekursus.  Weereens kan jy amper enigiets studeer.

Wil ek met diere werk?

Daar is verskeie kolleges of instansies wat in dierewerk spesialiseer.  Jy kan op ʼn perdeplaas gaan werk of as ʼn veearts.  Wildbewaring is weer ʼn keuse.  Daar is selfs opsies om te werk as ʼn dierefisioterapeut!

Wil ek in ʼn groep werk?

Dit kan baie vervullend wees om in ʼn groep te werk, maar dit kan ook baie uitdagend wees.  As jy verkies om op jou eie te werk, kan jy ʼn kursus kies wat gefokus is op individuele werk.  Anders kan jy enige kursus studeer wat op groepe mense gefokus is.

Wil ek op my eie werk?

Daar is verskeie kursusse soos skryfkursusse wat jou sal toelaat om op jou eie te werk.  Dit is egter nie so volop soos groepwerk nie.

Wil ek elke dag iets nuuts doen?

Baie mense hou daarvan om elke dag ʼn nuwe uitdaging te hê.  Dit is verfrissend om daagliks iets nuuts te doen.  Dit is ook baie uitdagend, want jy gaan elke dan met ʼn nuwe idee vorendag moet kom en nuwe dinge leer.  Dit is nie vir enigiemand bedoel nie!

Wil ek elke dag ʼn roetine volg?

Daar is verskeie mense wat daarvan hou om ʼn daaglikse roetine te volg.  Dit is ook die mees algemene manier van werk.  Jy kan dus amper enige kursus studeer.

Kry al die agtergrondsinligting oor ʼn kursus

Voor jy finaal besluit wat jy wil studeer, moet jy seker maak dat jy alles weet van die kursus.  Wat is die inskrywingsvereistes?  Hoe lank gaan jy moet studeer aan die kursus?  Wat word in die kursus behandel?  Hierdie is net enkele vrae wat beantwoord moet word.  Maak seker dat jy na die kollege of universiteit se webblad gaan en soveel oplees oor die kursus as wat jy kan.

Kies die regte kursus

Wanneer jy al die inligting het, kan jy ʼn ingeligte keuse maak.  As jy nog steeds nie lekker weet wat om te studeer nie, kan jy ons enige tyd bel by 0801 515151.


Wat doen ek as ek nie weet wat ek wil studeer nie?

Beste Student
Om ʼn kursus te kies is ʼn moeilike saak.  Dit is ʼn keuse wat moontlik die res van jou lewe kan beïnvloed.  Dit is ook ʼn keuse wat vir jou die lewe vorentoe baie makliker kan maak.  Dit is met ander woorde een van die grootste keuses in jou lewe.  So hoe kan jy seker maak dat jy die regte kursus kies, veral as jy nie weet wat jy wil studeer nie?

Dit is die vraag wat ek vandag wil antwoord.  Ek gaan jou van twee uitstekende dienste vertel, naamlik:

  • Career Test en
  • Career List.

Career Test en Career List is dienste wat aangebied word deur die webwerf www.CareerTest.co.za.  Dit is ʼn affiliaat van College SA, ʼn afstandsonderrig kollege.

Career Test

Career Test, oftewel ʼn loopbaantoets, is ʼn toets wat jy kan skryf om uit te vind watter loopbane jou die beste sal pas.  Dit is nie ʼn toets waarvoor jy hoef te leer nie, moet nie bekommerd wees nie.  Die toets vra vrae oor jou voorkeure en afkeure en oor jou sterkpunte en swakpunte.  Al die vrae in die toets is daarop gemik om ʼn geheelbeeld te kry van wie jy is en waarvan jy hou.  Aan die einde van die toets kry jy ʼn verslag wat vir jou gedetailleerde inligting gee oor die verskillende loopbane wat waarskynlik binne jou smaak sal val.  Dit breek jou belangstellings op in ses groepe, naamlik

  • Handwerk,
  • Die Kunste,
  • Besigheid,
  • Wetenskaplik,
  • Sosiaal en
  • dministrasie.

Vir elkeen van hierdie groepe word ʼn punt toegeken.  Die twee groepe met die hoogste punte word dan bespreek en ʼn reeks moontlike loopbaankeuses word vir elkeen voorsien.

Career List

Die Loopbaanlys (Career List) is ʼn nuttige hulpmiddel as jy net ʼn paar idees soek van watter loopbane jy in belangstel.  Die lys bevat nie al die moontlike loopbane in die wêreld nie, maar dit het ʼn lang lys van loopbane.  Jy kan die loopbaanlys saam met die loopbaantoets gebruik om seker te maak dat jy die loopbaan kies wat reg is vir jou.

Wat nou?

Gaan na www.careertest.co.za om jou GRATIS loopbaantoets te doen.  Of jy kan ons bel vir nog inligting by 0801 51 51 51.

Site map | Privacy Policy
Copyright owned by kursus.co.za. All rights reserved.